Die diachroniese taalkunde (ook historiese taalkunde) is die studie van taalverandering waar dit oor die finale effek van die veranderinge gaan en nie, soos in die sinchroniese taalkunde, oor die veranderinge self nie. Dit dek vyf hoofgebiede:
- om merkbare veranderinge in spesifieke tale te beskryf en redes daarvoor te voorsien;
- om die voorgeskiedenis van tale te rekonstrueer, hulle onderlinge verband vas te stel en hulle in taalfamilies te groepeer (vergelykende taalkunde);
- om algemene teorieë te vorm oor hoe en waarom taal verander;
- om die geskiedenis van spraakgemeenskappe te beskryf;
- om die geskiedenis (etimologie) van woorde te bestudeer.